INDOOR ACTION HOCKEY

kLINIEK / cLINIC

2 Februarie 2016 

14h00 – 16h00

Midrand action sports arena,

Midrand Motorcity, Old Pretoria Main Rd, Midrandmotor city

R50 per speler.

(kontant betaalbaar met aankoms asb.)

Ons gaan basiese hantering van hokkie stok hanteer en bietjie speel sodat almal a “feel” kry.

ALMAL WAT BELANGSTEL OM NA DIE KLINIEK TOE TE KOM MOET ASB REGISTREER OP HIERDIE WEBSITE 

SODAT ONS GENOEG AFRIGTERS EN BANE KAN REEL.


We will be covering basic hockey skills and will play a game so that all can get a “feel” for the sport.

Everybody must please register on this site in order to join the clinic just to secure enough coaches.


Ons heel eerste oefensessie met 8 baie opgewonde spelers 

 

Aksie Hokkie is 'n vinnig groeiende sport wat gespeel word by Indoor Arenas soos die in Midrand.

Baie van ons Tuisskool maats speel gedurende die 3de en 4de kwartaal sagtebal en soek iets opwindends om te beoefen gedurende die 1ste en 2de kwartale van die jaar.

Ons het begin met 'n klein groepie in Midrand waarvan die belangstelling nou al so gegroei het dat ons die uitnodiging verder wil rig aan tuisskool kinders en ouers om by ons te kom aansluit vir hierdie opwindende sportsoort. 

Ons passie is om die sportsoort te ontwikkel vir die liefde van die saak.

Dit sal hanteer word op 'n "NON PROFIT" manier en enige kostes wat gehef word sal uitsluitlik vir baanhuur, afrigting en ontwikkeling gebruik word.

Ons kry reeds professionele afrigting en daar is ook opsies om ouers of ouer kinders as afrigters op te lei.  Natuurlik verg so iets altyd iemand wat ook kan help met die hantering van admin en finansies.  So asb. kom na vore as u bereid is om te help met enige van die bogenoemde behoeftes.

WIE KAN SPEEL?

Kinder van ouderdom 8 tot oumas van 100.  Die ouers moet beslis nie dink dis net vir die kinders nie.  Daar is volwasse spanne en ouers en kinders kan self hul eie spanne saam inskryf. 

Die minimum vereiste is dat jy tenminste 'n hokkiestok van jou eie sal he. (leen een by iemand as dit moet)

KOSTES

R250 per maand wat behels:

-  Dinsdae 14:30 - 15:30 - 45 min coaching en dan speel game vir 15 min

 -  Donderdae 14:30 tot 15:30  -  15min opwarming en dan informele games. 45 min

OPSIONEELE GAMES PER WEEK: (ADISIONELE KOSTE)

Games R40 per persoon minimum 7 en maksimum 10 spelers per span. (afhangend van beskikbaarheid)

· Jnr spanne almal op skool

· Snr spanne per person almal na skool

· Gemengde spanne ouers en kinders.

ONS OEFEN NIE OP VAKANSIEDAE NIE en 21 – 28 Maart is die arena gesluit.